Toy Story

Toy Story
Regisseur John Lasseter
Toesighoudende Tegniese Regisseur:
William Reeves
Produksieleier Austin Belge
Ralph Guggenheim
Uitvoerende Vervaardiger:
Ed Catmull
Steve Jobs
Draaiboek Storie:
John Lasseter
Pete Docter
Andrew Stanton
Joe Ranft
Draaiboek:
Joss Whedon
Andrew Stanton
Joel Cohen
Alec Sokolow
Met Tom Hanks
Tim Allen
Don Rickles
Jim Varney
Wallace Shawn
John Ratzenberger
Annie Potts
John Morris
Laurie Metcalf
Erik von Detten
Musiek deur Randy Newman
Redigeerder Lee Unkrich
Robert Gordon
Ateljee Walt Disney Pictures
Pixar Animation Studios
Verspreider Walt Disney Pictures
Buena Vista Distribution
Uitgereik 22 November 1995 (VSA)[1]
Speeltyd 81 minute
Land Verenigde State van Amerika
Taal Engels
Begroting VS$30 miljoen
Bruto wins Noord-Amerika
VS$191 796 233
Res van die Wêreld
VS$170 162 503
Wêreldwyd
VS$361 958 736
Opgevolg deur Toy Story 2
IMDb-profiel

Toy Story is 'n rekenaargeanimeerde gesins-/buddy-rolprent van 1995 wat deur John Lasseter geregisseer is en onder andere die stemme van Tom Hanks en Tim Allen gebruik. Die rolprent is deur Ralph Guggenheim en Bonnie Arnold vervaardig en deur die verspreidingsfirma Buena Vista Distribution versprei. Die draaiboek is deur Joss Whedon, Andrew Stanton, Joel Cohen en Alec Sokolow geskryf met musiek van Randy Newman. Dit is die eerste hoofprent wat slegs rekenaargegenereerde beeldmateriaal gebruik. Toy Story se intrige handel oor 'n klein seun se speelgoed wat aan 't lewe raak wanneer ookal hy nie in hul teenwoordigheid is nie. Die verhaal volg 'n speelgoed-cowboy wat jaloers raak wanneer 'n ruimtevaarder-aksiefiguur die eienaar se gunsteling speelding word.

Toy Story was die verdienstelikste rolprent op sy openingsnaweek.[2] Dit het $192 miljoen in die Verenigde State en Kanada tydens sy aanvanklike teatervrystelling ingevorder[3] en het wêreldwyd meer as $356 miljoen verdien.[2] Resensies was grotendeels positief en het die tegniese innovering van die animasie en die vernuf en gesofistikeerdheid van die draaiboek geloof.[4][5]

Toy Story-geïnspireerde materiaal sluit in DVD-vrystellings, temaspeelgoed, videospeletjies en koopware. Die rolprent is deur sy sukses genoop om 'n opvolg voort te bring. Toy Story 2 is vrygestel en was selfs 'n groter lokettreffer as die oorspronklike rolprent. Op 2 Oktober 2009 is Toy Story op 'n Double Feature met Toy Story 2 in Disney Digital 3-D vrygestel en Toy Story 3 op 18 Junie 2010.[6]

  1. "Release dates for Toy Story (1995)" (Webbladsy). IMDB. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2018. Besoek op 12 November 2009.
  2. 2,0 2,1 "Toy Story". The Numbers (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2013. Besoek op 11 Maart 2009.
  3. "Film Database: T". Box Office Guru (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 1999. Besoek op 11 Maart 2009.
  4. "Toy Story Reviews". Metacritic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2008. Besoek op 11 Maart 2009.
  5. "Toy Story (1995)". Rotten Tomatoes (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 11 Maart 2009.
  6. Graser, Marc (24 Januarie 2008). "'Toy Story' gets 3-D makeover". Variety. Besoek op 11 Maart 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search